
Lara
&
Adolph
Ons Storie

Ten spyte van ons eie keuses, gebruik God Sy goue draad in eie diskresie, om twee mense bymekaar te bring en hul lewens in een tapyt saam te weef.
Die kettingdraad van ons tapyt word in 2011 by de Vette Mossel Restaurant in Mosselbaai gespan. Twee kinders, min met mekaar gepla.
‘n Dekade daarna as tieners, herontmoet ons in Witrivier langs die rugbyveld waar ons boeties rugby speel.
Die eerste van vele inslagdrade word hier reeds kruisoor geweef. So vorm ons vriendskap, minwetend dat die Wewer reeds al die materiaal voorberei het, in Sy plan om ons toekoms in `n Meesterstuk te voltooi.
In 2022 ry Adolph deur Potch en vat ‘n wille kans. Die oproep word ‘n koffie en die koeël is deur die kerk, of is dit eerder die skietspoel se weefspoed wat begin versnel?
Die koffie word ‘n plaasnaweek, en na enkele maande ‘n kys. En so die begin die uitleg van ons lewenstapyt vorm aanneem.
Ons staan verstom in die goue draad, die wonderlike teksture, uitleg en ryk kleure wat die Heilige Gees reeds jare terug in ons lewens gereserveer en begin weef het.
Minder as twee jaar later erken ons dat ons volmaak bestem is vir mekaar. Ons tapyt word nou gevorm deur die inslagte, knope, patrone en figure wat meesterlik deur ons Skepper in die wêreld weefstoel gespan word.
Ons besef dat ons deur die drade van liefde aan mekaar vasgeweef is. Ons het die geheim van God, naamlik Jesus, leer ken.
Dit was God se plan om ons vir mekaar te gee, en ons kan nie wag om saam met die Meester hierdie kunswerk van ons huwelik te voltooi nie.


.jpg)
Ons Groot Dag
DATUM: 7 Desember 2024
PLEK: Simbali Lodge & Function Venue
Tierpoort, Pretoria
TYD: 15:00
Kleredrag
MANS:
Semi-formeel tot formeel
Geen denims.


DAMES:
Semi-formeel tot formeel
Vat 'n kans op die nommertjie in jou kas
wat al lank wag vir 'n geleentheid!
Verloop van die troue
Arriveer by simbali
Canape's
Onthaal
Reyneke fees tot middernag
15:00 Seremonie



Trou Wense
Jou teenwoordigheid is reeds vir ons die grootste geskenk! Indien jy egter wonder oor 'n geskenk, sal ons 'n geldjie opreg waardeer!
Gebruik asseblief jou naam & van as verwysing sodat ons jou persoonlik kan bedank.
NEDBANK
ADOLPH REYNEKE
TAKKODE: 198765
REKENING NOMMER: 1146437498
REKENING TIPE: LOPENDE REKENING

Akkommodasie
VERBLYF OPSIES NABY SIMBALI BESKIKBAAR:
Bakenkloof Private Game Lodge - 078 108 3824 - 2 km
White Linen Guest House - 082 920 5827 - 5 km
Cussonia Country Home - 072 307 4655 - 7.2 km
Arendskop Lodge - 071 354 9749 - 9.2 km
Ingaadi Spa & Event Venue - 082 851 3655 - 11.6 km
Ndlovu Lodge - 012 809 00432 - 12.3 km
Villa Amor - 083 231 2063 - 15.3 km
Elohims - 083 455 0033 - 17 km
Cipresso Guesthouse - 068 211 5864 - 17.6 km
Three Thymes Inn - 082 327 8574 - 18 km
Diamantevallei Landgoed - 012 941 9296 - 19.2 km
Bullfrog Nest Guest House - 082 920 5827 - 22.4 km
Donkerhoek Country Living - 083 261 7208 - 24 km
Tree tops Guest Tops Farm - 083 268 5519 - 27.2 km
64 on Malabor - 079 453 5357 - 25.6 km
Addisionele Inligting
Waar is Simbali Lodge geleë?
Google maps link aangeheg.
Waar parkeer ons?
Kaart met parkeerterrein aangeheg.
Hoe laat moet ek by Simbali wees?
Gaste arriveer vanaf 14:30.
Seremonie begin 15:00.
Mag ek 'n metgesel saambring?
Metgeselle slegs welkom per uitnodiging.
Is my kinders welkom?
Ongelukkig akkommodeer ons geen kinders nie.
Kontantkroeg beskikbaar by die onthaal wat slegs gebruik maak van kaartfasiliteit.










